Local newsNews

Kleuterskole geniet saam skoolkonsert

Dienkieland Kleuterskool, Pienkie Ponkie Skool en Beertjie Skool het hierdie jaar saam op 11 Oktober hul jaareindkonsert by die Hervormde Kerk gehou.

Die jaar se tema was “Wees Lief en Dierbaar” en die verhoog was oulik daarvolgens met kleurvolle harte versier. Al die deelnemertjies het heerlik gesing en gedans en die ouers kon baie trots op hul kinders wees.

Daar was ook ‘n diplomaplegtigheid waartydens die kleintjies hul diplomas van hul onderskeie skole ontvang het.

Hulle het alte fraai met hul togas gelyk. Na die tyd het elke kind ‘n verrassingspakkie met lekkergoed ontvang, terwyl hul ouers verversings op die stoep geniet het.

LEES OOK: Gemeenskap verloor geliefde staatmaker

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button