Local newsNews

Silverdae sien wolk se silwerrandjie

Die SAVF onttrek aan die einde van Januarie van die bestuur van Silverdae Ons Tuiste Tehuis vir Bejaardes, maar dié tehuis beplan geensins om sy deure te sluit nie.

WATERVAL BOVEN – Volgens Marieta Kemp, die direkteur van maatskaplike dienste by SAVF, het toenemende koste hulle genoop om die besluit te neem omdat die meeste verswakte bejaardes is wat 24 uur versorging benodig.

Silverdae het slegs 32 inwoners. “Dit is ‘n baie klein getal om in stand te hou om gelyk te breek.”

Die inwoners wat wil sal uitgeplaas word na ander SAVF-tehuise. “Ons kyk na alle omstandighede. Niemand gaan op straat gelaat word nie.”

Silverdae se bestuur beplan egter om dit self oor te neem. Teresa Conradie van Maphalla Mokate Conradie, ‘n prokureursfirma van Pretoria, is reeds jare betrokke.

SIEN MEER: Warm harte sorg vir vol spense

Sy sê dat die SAVF ook van die Khaya Lami-sorgsentrum in die Emgwenya-woongebied onttrek. Sowat 45 bejaardes besoek daagliks dié sentrum waar hulle ‘n middagete ontvang en handwerk doen.

“Soos baie ander plattelandse dorpies en as gevolg van die verswakkende ekonomie en verstedeliking het die gemeenskap van Waterval Boven en Emgwenya gaandeweg verarm,” sê sy.

“Tans is daar slegs een inwoner van Silverdae wat nie die ontvanger van ‘n maatskaplike pensioen is nie en die fooie kan bekostig. Die bejaardes in Emgwenya ontvang dikwels hul enigste daaglikse maaltyd by Khaya Lami.

“Vir die gemeenskap van Waterval Boven is dit ondenkbaar dat hierdie fasiliteite nie verder sal bestaan nie. Baie van die bejaardes woon reeds hul lewens lank in die dorpie en ‘n verskuiwing sal vir hulle uiters moelik wees.”

Hulle is besig om ‘n nie-winsgewende maatskappy, Silverdae Khaya Lami NPC, te stig.

Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan betaling aan die MMC-prokureurstrustrekening maak: Nedbank, taknommer 149746, rekeningnommer 1497 219 493, verwysing: Silverdae KL. Skenkings kan by Silverdae gemaak word. Kontak 013-257-0478 of silwerdaeorg@telkomsa.

LEES OOK: Eskort maak hart oop vir die gemeenskap

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button