Local newsNews

Is genadedood ‘n misdaad?

Die vraag word dikwels gevra of iemand bygestaan kan word om hul eie lewe te neem indien hulle terminaal siek is.

MBOMBELA – Pasiënte wat terminaal siek is, ervaar ‘n verlaagde lewensstandaard wat enige vorm van lewensgehalte negeer, as gevolg van die voortdurende pyn en immobiliteit wat hul ervaar.

Eggenote, familie en geliefdes staan in ‘n ondraaglike posisie indien die siek persoon smeek dat ‘n einde tot sy of haar lewe gemaak word.

LEES OOK: Dutch euthanasia doctor faces verdict in landmark case

Die Suid-Afrikaanse reg klassifiseer genadedood onder aktiewe genadedood en passiewe genadedood.

Aktiewe genade dood is die wederregtelike en opsetlike daad, met ‘n edele motief, om die dood van ‘n terminale siek pasiënt te verhaas, met laasgenoemde se toestemming. Omdat die neem van ‘n lewe, hoe edel ook al die motief mag wees, indruis teen Arikel 11 van die Suid-Afrikaanse Handves van Menseregte, word aktiewe genadedood steeds as moord geklassifiseer in ons regstelsel.

LEES OOK: SANParks take drastic steps to curb millions in fruitless and wasteful expenditure

Vrywillige passiewe genadedood daarenteen, wat slegs op die weerhouding van behandeling neerkom en die natuur toelaat om sy gang te gaan, is nie moord nie.

In die saak van Clarke teen Hurst (1992 (4) SA 630 (D)) kry Clarke ‘n massiewe hartaanval. Hy verkeer daarna in ‘n permanente vegatiewe toestand terwyl hy in die hospitaal lê, maar hy is nog nie breindood nie. Clarke word deur sy neus gevoed terwyl hy vir vier jaar aan die lewe gehou word met masjiene. Sy vrou sien dat hy vreeslik agteruitgaan en dat hy geen lewensgehalte geniet nie.

LEES OOK: Australia’s Victoria state first to legalise assisted dying

Clarke se vrou nader toe die hof met ‘n aansoek  dat die neusbuis verwyder moet word, sodat hy kan verlos word van sy leiding en sterf. Die hof bevel dat Clarke geen kwaliteit van lewe geniet nie en staan toe die bevel toe, aangesien hy neo-kortikale skade aan sy brein het. Die hof het die sosiale en kwalitiewe oorwegings in ag geneem, voordat dit tot die besluit gekom het.

Die Appelhof in Bloemfontein het in November 2016 beslis dat genadedood steeds onwettig in Suid-Afrika is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button