Local newsNews

Is dit ‘n misdaad om ‘n ander aan te stig om selfmoord te pleeg?

Depressie word as ‘n kliniese siektetoestand beskryf wat behandeling nodig het, volgens die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep, of SADAG.

MBOMBELA – Indien ‘n mismoedige of depressiewe mens aangemoedig word om sy of haar eie lewe te neem, kan dit moontlik wees om so ‘n aanstigter tot die daad verantwoordelik te hou.

Selfmoord en poging tot selfmoord is nie as sulks misdade nie, maar ‘n mens handel egter nie strafloos indien hy ‘n ander aanhits of selfs help om selfmoord te pleeg nie.

LEES OOK: Man falls to death in Mbombela CBD

Afhangende van omstandighede, kan so ‘n persoon skuldig wees aan strafbare manslag of poging tot moord, wat neerkom op die nalatige veroorsaking van iemand se dood.

In die saak van Grotjohn (1970 (2) SA 355 (A)) is Grotjohn getroud met ‘n gedeeltelike verlamde en manies depressiewe vrou. Sy dreig gereeld om selfmoord te pleeg en haar dreigemente dryf haar man tot waansin wat, haar toe voorsien met ‘n gelaaide vuurwapen. Hy plaas toe sy vrou in besit van die wapen en moedig haar aan om haarself te skiet. Sy skiet toe haarself, en haar man word aangekla van moord, maar word vrygespreek op die aanklag, want opset om haar te dood as ‘n element van die misdaad moord, het ontbreek.

LEES OOK: Misdaad: hier is raad vir ouers

Die Staat is ongelukkig en appelleer na die Appelhof toe. Die hof bevind dat hulpverlening by selfmoord ‘n misdaad is en dit kan selfs neerkom op moord, poging tot moord, strafbare manslag en aanranding met die opset om ernstig te beseer indien al die misdaadselemente bewys kan word. Grotjohn word egter steeds onskuldig bevind op ‘n tegniese aspek. Op die feite van die spesifieke saak het sy laaste vrywillige handeling nie tot die dood van sy vrou bygedra nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button