
MALALANE – André en Monique Botha het verlede week die lang pad Bloemfontein toe aangedurf met 300 bokse vir die droogtehulp.
LEES OOK: lets-go-60-60-maak-kinderharte-bly
Bokse van oral oor die Laeveld is afgelewer by Stella Venter Gastehuis in Mbombela en die Bothas het dit daar gaan haal. ‘n Banier is gemaak deur Pro Signs Malelane. Hulle het die ontwerp gratis gedoen en 50 persent afslag gegee. Danie Steenkamp, wat op daardie stadium hier gekuier het van Pretoria, het die koste vir die banier betaal. ‘n Boer van Komatipoort het ‘n R10 000-skenking gemaak.

Pick n Pay in Malalane het R1 000 geskenk vir die diesel Bloemfontein toe. Daar is ook ‘n trollie by hulle waar lesers items kan bydra. Die bokse bestaan uit koffie, tee, suiker, kondensmelk, blikkieskos, lekkers, koekies, sjampoe, tandepasta, seep, spuitgoed, handeroom en ‘n mooi briefie met ‘n bemoedigende boodskap.
Die Bothas sê dat hierdie projek nie hier eindig nie. Hulle gaan aanhou om bokse bymekaar te maak.
Ondersteun hierdie projek by die plaaslike Pick n Pay en indien lesers sou belangstel om kontant te skenk, skakel gerus vir Monique by 079-182-4708 of André by 071-453-4605.

Enige kontantdonasies kan inbetaal word by Boere Droogtehulp SA NPC, FNB, rekeningnommer: 62801333163, takkode: 250655 met die verwysing: Droogtehulp.
