Local newsNews

Plaaslik-gebore skoonheid dra die kroon

Tammy Taylor Mev. Suid-Afrika 2020 is 'n Nellie.

MBOMBELA – Jaqueline Ferns (31) is op 8 November by die glansgeleentheid by Emperors Palace gekroon.

Sy is ook as Mev. Welwillendheid aangewys, die eerste keer in die kompetisie se geskiedenis dat dieselfde vrou beide dié titels verower.

Mev. Suid-Afrika word beskou as ‘n bemagtigingsprogram, eerder as ‘n tradisionele skoonheidswedstryd. Dit is oop vir deelname deur getroude Suid-Afrikaanse vroue tussen 25 en 50.

Ferns het haar hele kinderlewe in Mbombela gewoon en aan Hoërskool Nelspruit gematrikuleer, waar sy ook in die koshuis was.

Sy woon nou saam met haar man, Lyndon, in Polokwane.

Sy het ‘n graad in kriminologie, maar haar hart lê al haar lewe lank by welwillendheidswerk, vertel sy. “Dit was vir lank my droom om in te skryf, en ek het vanjaar gevoel dit is my jaar.”

Sy beveel deelname aan Mev. Suid-Afrika ten sterkste aan.

“Die werk wat hulle doen het ‘n ongelooflike impak.

“Jy skryf in as iemand, en teen die einde is jy iemand anders.

“Dit haal jou uit jou gemaksone uit. As jy jouself wil druk, meer wil hê vir jouself, is dit vir jou. Dit maak jou meer dikvellig: jy weet wie jy is en wie jy wil wees en waarheen jy wil gaan.

“Jy ontmoet ook fenomenale ander vroue. Ons almal het mekaar geïnspireer. Jy kan regtig ‘n verskil in jou as vrou sien. Jy groei en ontwikkel baie.”

LEES OOK: Ons Winkel sprei sy vlerke na Canary Walk Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button