ONTMOET: Zanell Pinker
Zanell Pinker mag dalk op 'n plaas in die Noordwes grootgeword het, maar sy is nou 'n Laevelder in murg en been.

“Ek bly nou so agt jaar in Mbombela en sal nêrens anders in ons land wil woon nie.”
Zanell is ‘n gekwalifiseerde Royal Academy of Dance ballet-juffrou en het ‘n studio by Curro Nelspruit en ook by Nelacres. Dat sy ‘n kranige balletdanser is vandat sy vier jaar oud was, maak dat haar werk nie regtig soos werk voel nie.
“Ek geniet dit te veel om kinders in ballet op te lei.”
Alhoewel haar skool jaarliks eksamens dans, voer hulle ook elke tweede jaar ‘n groot konsert op.
Zanell voel sterk dat ballet die fondasie vir enige dansstyl is en dat die dissipline en grasie wat kinders leer, lewenslank by hulle bly.
LEES OOK: MEET: Leon Smith
Zanell het haar man Stephan, ‘n oud-Laevelder op die vakansiedorpie Stilbaai, ontmoet. Hulle is nou sewe jaar getroud. “Ek is ook die trotse mamma van drie seuntjies en ek en my man voel ongelooflik geseënd om hulle ouers te kan wees.”
Vir meer inligting oor Zanell Pinker School of Ballet, volg hulle Facebook-blad.
