Local newsNews

Pro Gratia-studente sprei hul vlerke

Die Pro Gratia-leersentrum se eerste groep toerisme- en gasvryheidstudente het verlede Saterdag amptelik gegradueer.

MBOMBELA -Die prentjiemooi Paradors Lodge het hulle deure oopgegooi vir hierdie spesiale groep van ses studente wat self die viergangmaaltyd berei en aan hul uitsoekgaste bedien het.

Ané Grobler, Bianca Kapp, Jonathan Steyn, Renardi Woest, Rico de Bruin en Tinus Stoltz se ma’s, pa’s, oumas, oupas, boeties en sussies het almal hierdie historiese gebeurtenis meegemaak.

Vanjaar was die eerste jaar wat die leersentrum vir kinders met leergestremdhede ‘n SETA-kursus aangebied het.

SIEN MEER: Hande help Pro Gratia se leerlinge met terapie

Die skool se gasvryheidsentrum is met behulp van Innibos Nasionale Kunstefees opgerig.

Iris Kuhn, oftewel Sjef Iris, het die leerders saam met Ansie Viljoen, die skool se SETA-hoof, Claudi Engelbrecht, skoolsielkundige en akademiese hoof, die skoolhoof, Andri Bester, en Welma Bezuidenhout opgelei.

Met die hulp van die gemeenskap het die leerder-sjefs ook deur die jaar hul vereiste praktiese werk gedoen – onder meer by Innibos se BBP-losie tydens die fees.

Die leerders het ongelooflik hard gewerk om die voortreflike ete voor te sit, asook om fondse in te samel wat die jaareindfunksie moontlik gemaak het.

Van Loveren het ook al die aand se wyn, en Liquor City die sjampanje, verskaf.

“Hierdie studente is ons groot trots,” het Bester gesê, en die bloed, sweet en trane wat hulle geskiedenis laat maak het, genoem. “Elke individu het sy plek in die wêreld wat hy moet volstaan.”

In 2020 sal Pro Gratia hul SETA-aanbiedinge uitbrei (alles is deur die MDCS Skills Academy geakkrediteer) om ook vroeë kinder-ontwikkeling, besigheidstudies, boerdery, en skoonheid in te sluit.

LEES OOK: Cleaning and colour for Pro Gratia

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button