Nelspruit Care Buddies vier vroeë Kersfees by Mataffin Macadamia
Hoewel die krag die oggend af was, was daar meer as genoeg gees om die oggend aan die gang te hou.
MBOMBELA – Nelspruit Care Buddies het Woensdag hul Kersete by Mataffin Macadamia gevier.
Ongeveer 50 mense uit die bygestaande sorgafdeling het die oggend se Kersete bygewoon.
LEES OOK: Pro Gratia-studente sprei hul vlerke
Ellen McDonald van Care Buddies het vertel dat hulle baie lief is vir wat hulle doen.
“Dit is vir ons ‘n passie. Ons deel graag ons vrye tyd en liefde met ander mense en ons is baie dankbaar vir die skenkings van die publiek af wat ons toe laat om dit te doen.”
Die inwoners is elkeen bederf met ‘n geskenkie, Kerskoek, ‘n Kersklapper en sjampanje en wyn.
Heide Archer, Mataffin Macadamia- sorgbestuurder, het gesê: “Die Care Buddies maak ‘n groot verskil. Hulle sien elke Donderdag drie of vier mense in die bygestaande sorg en hulle het net ‘n touch of magic.”
LEES OOK: Skenking verander Els-gesin se lewe




