Local newsNews

Twee van Witrivier Stoeiklub gekies vir die Pumas-span

Slegs een stoeier uit elke provinsie word per gewigsgroep gekies om die provinsie te verteenwoordig, dus was dit is 'n groot voorreg en prestasie vir elke seun.

Twee van Witrivier Stoeiklub se lede was vir die Pumas-span gekies wat op 26 Oktober aan die Noordvaal Kampioenskappe in die LC de Villiers-saal in Pretoria deelgeneem het.

Dié eer het Christo Nagel jr. vir die derde jaar te beurt geval, en Danilo Pretorius kon vir die eerste keer sy staal daar gaan wys.

LEES OOK: Kleuterskole geniet saam skoolkonsert

Spanne wat aan dié kampioenskappe deelgeneem het, sluit die Bulle, Valke, Lions, Pumas en Limpopo in.

Die Pumas het algeheel ‘n vierde plek gekry, nadat hulle ongelukkig die brons medalje met slegs twee punte en ‘n silwer medalje met maar net vier punte gemis het.

Die plaaslike manne het egter hul plek in die Pumas-span volgestaan en sien reeds uit na volgende jaar se uitdagings.

LEES OOK: Motorfietsentoesiaste verras oues

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button