Local newsNews

Wyne spog met unieke name

Om deur 'n bloesende meisie op 'n aandjie uit onthaal te word, is waarskynlik menige man se droom.

WITRIVIER – Hierdie vreugde het ‘n paar manne (helaas met hul vroue aan hul sy) te beurt geval toe hulle onlangs by die Kombu Restaurant by die Bagdad-sentrum aangekom het.

Die geleentheid was ‘n wynproe en ete saam met Taz Craukamp van Hermanuspietersfontein en die plaas se wyne. Die bloesende meisie het in ‘n lang glas op die gaste gewag: Bloos, die salmpienk wyn met ‘n aroma van varsgeplukte aarbeie en room.

Na die aanvanklike kennismaking buite op die stoep, en ‘n paar peuselhappies om die aptyt aan te wakker, het die gaste saam met die res van die Hermanuspietersfontein-gesin vir die hoofmaal gaan aansit.

LEES OOK: Pro Gratia-studente sprei hul vlerke

Terwyl Lewies Dippenaar van Kombu die een gourmetgereg na die ander voorgesit het, kon die gaste met die plaas se Kleinboet kennismaak.

Dié is miskien nog ‘n bietjie nat agter die ore – of liewers, op die palet, maar Skoonma en Die Posmeester se heerlike tong-skurfmaak-vrankheid het die gaste laat besef dat dié plaasmense wéét hoe wyn behoort te smaak. Om van Kat met die Houtbeen nie eens te praat nie! Dié dier – oftewel rooiwyn – is krulstert-lekker.

Tussen die kuier deur het Craukamp vertel hoe die plaas in die Hemel-en-Aarde Vallei sy oorsprong gehad het en waar die wyne aan hul unieke name kom.

Hoewel hulle die name tong-in-die-kies gekies het, was dit duidelik dat die boerdery wynmakery met dodelike erns bejeën.

LEES OOK: Skenking verander Els-gesin se lewe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button