Local newsNews

Wynproe, ‘n tegniek en kuns

Wanneer dr. Peet Visser wynnavorsing doen, kan jy maar weet dat dit goed deurdrinkte navorsing sal wees.

Die hele jaar lank het hy inligting en wyne bymekaargemaak om wyngildelede op ‘n toer van minderbekende wit versnitwyne te neem.

Lees oor die wyn fees: ‘n Uitdaging eindig in ‘n fees

Donderdag 21 November was die groot aand, toe Visser se kortlys van sewe wyne geproe is. De Ark se Bonaparte-teater het in ‘n Italiaanse trattoria verander en die mafia was daar. Die aand is met die ligte lae alkoholwyn, Tulbach Winery Flippenice, begin. Daarna was dit Groote Post se The Old Man’s Blend met

50 % elk sauvignon en chenin blanc, toe Haute Cabrièrese Chardonnay Pinot Noir, gevolg deur die baie gewilde Doran Vineyards Arya, ‘n versnit van chenin blanc, grenache blanc en roussane. Die wenwyn van die aand, en ook die keuse vir beste waarde vir geld teen net R64 per bottel, was Waterkloof se Circle of Life 2014, met 72 % sauvignon blanc en 28 % chenin.

Lees meer: Wyn by De Ark

Ook baie gewild was Cavalli Cremello 2016 en die Vondeling Babiana 2018 wat deur fynproewers hoog aangeskryf word. Deelnemers moes uitkyk vir die kenmerke van ‘n goeie wyn: kenmerkende voorspelbaarheid, balans, presiesheid, kompleksiteit, die lengte van die nasmaak, goeie choreografie (hoe die wyn deur jou mond beweeg) en die vermoë of ‘n emosionele reaksie by die proewer te ontlok.

Die puntetellings uit 20 was hoog vir al die wyne en Visser se wynles het al die proeërs wyser huis toe gestuur. Die Lydenburg Wyngilde is oop vir alle wynliefhebbers en die eerste funksie van 2020 is op die laaste Sondag van Januarie by Paardeplaats Nature Retreat.

Kontak gerda@whitehorn.co.za om deel te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button