Local newsNews

Stoei mat verruil vir ‘n modder bad

Stoei in 'n modderpoel in plaas van op 'n stoeimat? Stoeiers van die Lydenburgse stoeiklub het Saterdag presies dit gedoen tydens die klub se jaarafsluiting.

Vanaf 09:00 het stoeiers, hul ouers en betrokkenes by die klub by Marlotti Farm Venue buite die dorp bymekaar gekom waar hulle ‘n 2 km- en 5 km-warrior race aangedurf het.

Almal vanaf ses jaar en ouer, asook hul ouers, het aan die 5 km-hindernisresies deelgeneem, terwyl die jong stoeiertjies (twee tot vyf jaar) en hul ouers aan die 2 km-resies deelgeneem het.

Dit was die tweede jaar dat dié stoeiklub hierdie pret-aktiwiteit op die Marlotti-plaas as hul jaarlikse afsluitingsgeleentheid gekies het. Dit was groot pret, vertel Natasjja de Villiers, afrigter en skeidsregter by die klub. “Avonture van ‘n leeftyd het op elkeen gewag met aktiwiteite soos om deur die modder te swem, onderdeur brûe en onderdeur en bo-oor hooibale te kruip, ‘n dam en riviere te deurkruis en voertuigbande te sleep. Daar is kleilat gegooi en almal is vir ‘n swem in die dam met ‘n trekker en wa geneem.”

Elkeen het ‘n medalje na die resies ontvang.

Daarna het die klub se algemene jaarvergadering plaasgevind en om 18:00 het die lang verwagte jaarlikse prysuitdeling plaasgevind waar wisseltrofeë in elke kategorie en ouderdom oorhandig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button