Local newsNews

Wim Bosman lê sy penne en kwaste finaal neer

Wim Bosman is laat verlede week in 'n aftreeoord in Leeudoringstad op die ouderdom van 83 dood.

Die bekende tekenkunstenaar en vader van onder meer die karakter van Louis die Laeveld-leeu, Wim Bosman, het nog in Junie vanjaar sy laaste strokiesprent voltooi voor ‘n terugslag later die maand hom gedwing het om sy penne en kwaste finaal neer te lê.

Opgelei as ‘n argitektekenaar het hy in Pretoria groot geword en begin werk. Hy het in 1973 in die Laeveld kom woon.

LEES OOK: Kwanyoni Lodge baljaar saam met Appel en vriende

Hier was hy jare lank verbonde aan Theunissen en Jankowitz Argitekte. Dis ook in hierdie tydperk dat hy deeltyds begin werk het aan sy tekenprente wat later landwyd in Suid-Afrikaanse koerante en publikasies verskyn het.

Louis die Laeveld-leeu.

Hier in die Laeveld met sy wilde diere as inspirasie vir Louis die Laeveld-leeu, was sy karakters ook lank deel van Laevelder. Ook bekend is sy vlakvark en bobbejaan.

Sy strokiesprente het tot die middel van die jaar nog in Landbouweekblad en die Middelburg Observer verskyn. ‘n Paar boeke het ook deur die jare verskyn.

Hy is in later jare terug na Gauteng waar hy eers op Springs gewoon het, en vroeër die jaar het hy na Leeudoringstad verhuis.

Sy dogter Chantelle sê haar pa word veras sonder ‘n spesiale diens of byeenkoms. Die families sal later ‘n tyd en plek bepaal om iewers privaat byeen te kom, ‘n heildronk op hom te drink en sy as te strooi.

Een van Wim se strokiesprente wat in Laevelder verskyn het.

LEES OOK: Nellies doen weg met tradisionele leerlingraad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button