KYK: Burger Bust deur McDonald’s verras kleuters
McDonald's Nelspruit in samewerking met Laevelder het saamgespan laas Vrydagoggend om die Kabouterland Steiltes-kleuterskool te bederf met 'n kaasburger en vrugtesappie.
Juffrou Janine Stevenson se 18 preprimêre kindertjies was oorweldig met opgewondenheid toe hulle die papiersakke vol heerlike eet- en drinkgoedjies sien.
Stevenson het gesê dat die kleuters van die Sneezy-klassie verdien om bederf te word voor hul groot sportdag. “Hulle het so hard geoefen met hul kreet en dans en hulle was vreeslik gehoorsaam gewees,” vertel sy.
LEES OOK: WATCH Another Burger Bust takes place
“Ons is eintlik 32 kindertjies, maar baie van hulle is siek met pampoentjies en sommige is op vakansie,” het die juffrou terleurgesteld gesê, omdat nie al die kinders hulle beloning kon ontvang nie.
“Ek waardeer dit opreg dat julle ons bederf het en ek sê ook baie dankie and McDonald’s vir die versnaperings,” het Stevenson gesê. #ImLovinIt #MacBust
LEES OOK: WATCH McDonald’s busts its way into little hearts
