Local newsNews

Argentum sluit die jaar af met heerlike ete

Ons seniors word 'n geseënde Christusfees en voorspoed vir 2020 toegewens

MALALANE – Argentum Onderberg se jaarlikse Kersete en afsluiting is deur die Hervormde Kerk Malelane gereël en het verlede week plaasgevind.

LEES OOK: waarmee-hou-een-van-ons-bekende-oud-sapd-lede-hom-deesdae-besig

Ds. Natasja Nel het die dag geopen met skriflesing en gebed.


Daar is heerlik gekuier en geëet. Die sprankelvrou vir 2020, Martie Visser, is ook tradisioneel gekroon.
Cybill Cox het die reëlings waargeneem en met hulp van Petro Meyer en Lindie Holtzhausen was dit weer eens ‘n groot sukses.


Die Argentum-lede wat in Desember verjaar het ook elkeen ‘n geskenkie ontvang. Marie Coetzee, die voorsitter, en die bestuurslede is bedank vir hul werk deur die jaar, het ook elkeen ‘n pakkie gekry en is bederf met ‘n vrugtekoek.

Dit was weer eens ‘n voorreg om die Argentum-lede te bederf. Hulle wens al hul seniors en lede ‘n geseënde Christusfees en voorspoed vir 2020 toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button