MBOMBELA – Koos Schoonraad, die organiseerder van die funksie, sê hy geniet dit vreeslik om terug te gee aan die gemeenskap.
“Die vertoning skep ook vir plaaslike kunstenaars die geleentheid om op te tree en naam te maak,” het Schoonraad gesê. Die vertoning, ‘n Kersloffees, het plek gehad vir nagenoeg 1 000 mense.
Kotie en Des Duffey het opgemerk dat “dit tyd is dat mense moet besef dat hulle meer moet doen om Christus te eer en nie verder van hom weg te beweeg nie”.
Die hoogtepunt van die middag was optredes deur Eugene Jacobs, André Schwartz en Leah.
Immergewilde liedjies soos “Sweef Soos ‘n Arend” deur Jacobs, Schwartz se “Ek Wil Jou Nooit Weer Sien” en Leah se “Kyk Na My” het die skare behoorlik op hul voete gehad.
“Julle sal nooit die gevoel verstaan wat in ‘n sanger borrel nie, wanneer sy op die verhoog sing en die gehoor sing saam,” het Leah gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!