Vergeet presente – gee eerder vir die diere
Tiener met 'n hart vir diere inspireer maats.

MBOMBELA – Hy wil hê alle diere moet ‘n tweede kans kry. Daarom het Ledré Wright verlede Vrydag sy 16de verjaardagpartytjie by Pro-Life Pet Rescue, Rehabilitation and Adoption Agency gehou.
Al sy skoolmaats is genooi en gevra om eerder honde- en katkos aan die organisasie te skenk as om vir hom presente te bring.
Ledré word op 23 Desember 16, maar het sy partytjie vervroeg weens die skoolvakansie.
“Ek dink alle diere kort ‘n tweede kans,” het hy verduidelik. “Hulle kort ook meer aandag.”
LEES OOK: Mpumalanga water levels drop again after last week’s slight improvement
Sy ma Beaula verduidelik dat haar kinders grootgemaak is met die verstandhouding dat alle diere ook respek, liefde en aandag benodig.
Die hele familie voel sterk daaroor om diere te red. Die buitelug-Wrightgesin bevat verskeie honde, katte en allerlei ander diere.
Ledré se skoolmaats en onderwysers van Sean Allan’s Academy het saam kom feesvier en verskeie sakke troeteldierkos gebring. Hulle het ook van die honde gebad en die katte versorg voordat Ledré sy verjaardagkersies uitgeblaas het.
Daar is ‘n proses om te volg om diere by Pro-Life aan te neem. Kontak hulle by 079-498-7971.
SIEN MEER: Two lucky dogs from Pro-Life get a second chance at life
