Local newsNews

Maak ‘n verskil by Bateleur se liggiefees.

Die amptelike opening van Bateleur Landgoed se asemrowende jaarlikse liggiefees het laas week Maandag geskied.

MBOMBELA – Alle fondse wat ingesamel word gedurende die geleentheid, wat van 15 Desember tot 2 Januarie duur, is ten bate van Huis Betlehem. Donasies kan by die hek gemaak word.

Smullekker boereworsrolletjies teen slegs R20 sal by stalletjies (opgestel met liggiesmotiewe) beskikbaar wees om aan te peusel, terwyl die pragtige omgewing met sy vele staproetes geniet word.

ALSO READ: Bateleur memorial run

Magdel Terblanche van Bateleur se bemarkingsafdeling het verduidelik dat die inwoners wat self hul huisies versier verskeie pryse kon wen vir hul moeite.

Vir die individuele wenner is daar ‘n R5 000-koopbewys van BUCO Nelspruit en om alles te kroon, borg SPAR ‘n straatbraai aan die straat wat wen.

Die liggiefees is voorwaar gewild. “Dit was so populêr gewees gedurende die vorige jare, dat van die karre tot in die Uitkykpad gestaan het,” het Johann van Heerden, algemene bestuurder van Bateleur, aan Laevelder gesê.

“Dit is ‘n wonderlike geleentheid wat een keer ‘n jaar gebeur,” sê Estelle Hugo, ‘n trotse Bateleur-inwoner.

“Dit is al so ‘n instelling hier. Ons is kinderlik opgewonde oor vanaand en ons kan nie wag om die ligte aan te skakel nie.”

“Ons oupas and oumas se hande is oop en ons wil gee vir liefdadigheid. Stap, moenie ry nie – daar is ‘n storie wat elke huis wil vertel,” het Hugo bygevoeg.

ALSO READ: FOTO’S: Bateleur brugtoernooi ten bate van liefdadigheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button