Laerskool Witrivier Leerders palm verskeie toekennings in vir 2019
Tydens die geleentheid is die nuwe leiers vir 2020 ook aan die skool en gaste voorgestel.

WITRIVIER – Rosemarie Oberholzer het vanjaar skoonskip gemaak met die toekennings tydens Laerskool Witrivier se prestigeprysuitdeling wat vroeër in November gehou is.

Sy is as 2019 se duxleerder aangewys, het die senior toekenning vir kultuur vir die jaar gekry en verskeie trofeë vir akademiese prestasies ingepalm.

Dié sluit in die White River Ladies Tablers Trofee vir Engels as huistaal, die Lüneburg Trofee vir sosiale wetenskap, die Hi-Tech Trofee vir ekonomiese bestuurswetenskap, die L.K. Trofee vir natuurwetenskap, die O.T.K. Trofee vir wiskunde, die Philip Meyer Trofee vir tegnologie en die Hein Jacobs Trofee vir sport, kultuur en akademie.

LEES OOK: Kind loop maande met pynlike en skewe arm
Onder die ander toppresteerders is Michael Swanepoel, wat as senior swemmer van die jaar, senior hokkiepeler van die jaar en die leerder met deursettingsvermoë op sportgebied vereer is.
Amè Quinn is die senior dogters hokkiespeler van die jaar, senior sportdogter van die jaar en het die Koos Grove Trofee vir Engels eerste addisionele taal in gr. 6 ontvang.

LEES OOK: Die Laeveld-gemeenskap se omgee het 2019 opgesom
Callum van Staden is die senior sportseun van die jaar nadat hy ook vereer is as senior rugbyspeler van die jaar en vir die beste senior seunsprestasie in atletiek.
Tydens die geleentheid is die nuwe leiers vir 2020 ook aan die skool en gaste voorgestel.
