Local newsNews

Motorongeluk ontneem jong man van tweede kans

Ruan Peach het in ’n kort tyd diep in die inwoners van Kaapsehoop se harte gekruip.

KAAPSEHOOP –  Ruan Peach (24), ’n kroegman by die Salavador Main Street Bistro in Kaapsehoop, is Maandagaand na werk in ’n motorongeluk dood.

Hy was op pad huis toe.

Volgens sy ma, Sonika, het Ruan jare lank gesukkel nadat hy met bipolêre gemoedsteuring gediagnoseer is. Dit het net beter begin gaan toe sy jong lewe tragies beëindig is.

“Daar was hoefspore op die toneel en ons vermoed dat hy vir ’n perd of ’n bok uitgeswaai het. Dit was verskriklik mistig op die berg Maandagaand.

Ruan Peach.

LEES OOK: Dié eeue-oue verhaal word met flair op die planke gebring

“As gevolg van sy mediese toestand het Ruan dit moeilik gevind om aan te pas en is twee jaar gelede opgeneem vir behandeling. Na hy ontslaan is, het hy by Salvador Main Street Bistro begin werk. Hy kon glad nie alkohol gebruik nie, omdat hy op medikasie was.”

Sonika het vertel dat Ruan op die been begin kom het en vriende gemaak het.

Ruan Peach.

LEES OOK: Die verskil tussen vervalsing en uitgifte as ‘n misdaad

“Vir hom was dit ’n nuwe begin. Hy het ’n jaar lank gespaar om ’n karretjie te koop.”

Almal stem saam dat Ruan sedert sy aankoms in Kaapsehoop diep in die inwoners se harte gekruip het. Die bestuurder by Salvador, Sonja Hermogenes, het hom beskryf as ’n opregte persoon.

Mense wat hom in die kort tyd in Kaapsehoop leer ken het, het hulde aan hom gebring op Facebook. ’n Erediens sal Vrydag om 11:00 by die Silver Mist-kapel gehou word. Navrae: Sonika by 072-307-9243.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button