Geloftedag word gevier in eg Suid-Afrikaanse styl
Vir Janse van Rensburg gaan die fees oor veel meer as die politiek of godsdiens.

WITRIVIER – Die jaarlikse Geloftefees is Saterdag by die Geloftefeesterrein in Vergenoeg gevier. Die herdenking was
aanvanklik ’n godsdienstige vakansiedag in Suid-Afrika en het sy oorsprong by die Slag van Bloedrivier op 16 Desember in 1838.
Die dag was oorspronklik Dingaansdag, ’n jaarlikse nasionale vakansiedag in 1910, verklaar, voor dit hernoem is na Geloftedag in 1982.

LEES OOK: Kim Kerswill kritiek na gru-ongeluk
Vanjaar was die herdenking gevier met ’n plaaslike orkes wat eg Afrikaanse musiek aangebied het asook ’n tradisionele potjiekos en ’n bees op die spit.
Zyl Janse van Rensburg is deel van die feesbestuurskomitee vir die afgelope jaar en het sy mening gelig oor die
belangrikheid van Geloftedag.
“Ek is sedert verlede jaar betrokke by die fees en ons vier dit elke jaar op die Saterdag voor die versoening. Ons beoog
dan ook om in die toekoms die terrein te gebruik vir skolesport en ook om ’n belangstelling in ons geskeidenis by die
kinders te kweek,” het hy gesê.

LEES OOK: Dié eeue-oue verhaal word met flair op die planke gebring
Vir Janse van Rensburg gaan die fees oor veel meer as die politiek of godsdiens.
“Almal is welkom om by ons aan te sluit. Ons probeer ’n kulturele ervaring skep vir mense wat graag daarin belangstel om meer oor Afrikaanse geskiedenis te leer.”
Bywoners by die fees is vermaak met ’n mengelmoes tradisionele Afrikaanse gunstelinge en ’n paar gewilde rock ’n roll nommers aangebied deur die Laevelders.

LEES OOK: Opknapping van die sokkerbal begin
Janse van Rensburg het ook versoek dat mense wat daarin belangstel om deel te wees van hierdie jaarlikse fees, hom gerus op 060-823-2397 kan skakel.
