Local newsNews
‘n Resep vir enige geleentheid
Sondae was kookkos-dae. Selfs al het die kwik in die Bosveld gestyg tot oor die 40°, kookkos sal daar geeet word.

Een van die geregte wat altyd die hordes vleis en rys vergesel het op die tafel, was my ouma se Aartappel-koekies. Dit was my gunsteling en tot vandag toe nog probeer ek dit af en toe maak as die tyd daar is.
Ek dink my ouma het die 40-plus koekies gebak omdat daar selde tussen die familie-lede enige oorgebly het. Die resep kan gehalveer word.
Bestandele:
10 Medium Grootte aartappels gerasper
2 Groot uie gerasper
2 k Meel
4 Eiers
2 t Knoffel
2 t Sout
4 t Pietersielie
1 t Peper
Instruksies:
- Skil uie en aartappels en rasper dit in bak. Maak seker jy gebruik die growwe rasper kant, moenie die klein gaatjies kant van die rasper gebruik nie.
Gooi die eiers, knoffel, sout, peper en pietersielie by die aartappels.
Meng goed en gooi dan die meel in.
Die deeg moet nie te styf wees nie, jou mengsel moet egalig afval van die lepel in die pan.
As die deeg te styf is, gooi nog ‘n eier in. As die deeg te slap is, gooi nog so bietjie meel by.
Meng alles goed deur en verhit jou pan met so 2 cm olie daarin.
Gebruik ’n opgehoopte eetlepel om die mengsel in die pan te gooi. Druk plat en elke keer wat jy die koekie omdraai moet jy dit ook plat druk.
Laat die olie af drup deur die koekies op kombuis papier te sit, of maak soos ek. Sien prentjie onder.
Bak 4 minute aan elke kant of tot goudbruin.
My pan is groot genoeg vir 4 koekies op ’n slag.
Dié resep flop nooit nie en dis die oorspronklike een wat nog in haar handskrif geskrywe was.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
