Hoërskool slaag meeste kandidate met universiteitsvrystelling
Nellies se gr. 12's bereik 99,6 % slaagsyfer.
MBOMBELA – Hoërskool Nelspruit is Woensdag deur Mpumalanga se departement van onderwys vereer omdat hulle die meeste leerders met universiteitsvrystelling in die provinsie in 2019 opgelewer het.
Van die 244 gr. 12s wat geskryf het, het 198 met universiteitsvrystelling geslaag.
Een van die leerders het egter nie geslaag nie, wat die skool se slaagsyfer vir die eerste keer in jare onder 100 % gebring het – tot by 99,6 %.
LEES MEER: NHS se nuwe adjunk sê hy voel reeds tuis
Die skool se Mia Schmidt is as die tweede beste leerder in die provinsie aangewys, asook die toppresteerder in wiskunde en Engels eerste addisionele taal.
Paul-Hendri van der Merwe is ook onder die top 10 presteerders in Mpumalanga, in negende plek.
Lees die volledige uitslae in Vrydag se koerant.
SIEN OOK: NHS in groen vir Duane
