Local newsNews

Klant by winkelsentrum kry haar handsak terug

Tydens 'n vinnige draai by die Crossing-winkelsentrum, het vrou haar handsak vergeet.

MBOMBELA – In haar haas het Susan du Toit Maandagoggend tydens ‘n vinnige draai vir inkopies haar handsak in ‘n winkelwaentjie vergeet.

Sy het weggery en na ‘n ruk eers besef haar handsak is weg. Sy het dadelik teruggedraai, maar moes eers minstens
10 minute die verkeer verduur.

By die sentrum aangekom, het ‘n hoflikheidsbeampte, Lovemore Mabota (28), tot haar redding gekom toe sy begin rondvra oor haar handsak.

Lovemore Mabota (hoflikheidsbeampte) en Sonyboy Thobela (toesighouer). Foto: Susan du Toit

Hy het haar vertel dat dit by die kantoor is. Mabota, wat al vier jaar by die Crossing-sentrum werksaam is, het gesien daar staan ‘n winkelwaentjie en het dit gaan bêre. Hy het die handsak gesien en dit aan sy toesighouer, Sonyboy Thobela, gerapporteer.

LEES OOK: Hoërskool slaag meeste kandidate met universiteitsvrystelling

Mabota het vir Laevelder gesê dat dit nie die eerste keer is wat so iets gebeur nie en dat hulle dit elke keer aan die eienaars terugbesorg.

“Ek maak die keuse om nie te steel nie, want mense verloor meer as net geld wanneer handsakke gesteel word.”

Mabota sê dat die handsak na die kantoor gevat word en indien die persoon nie dadelik terugkom om dit te haal nie, gebruik hulle dan die lisensie om die persoon op te spoor.

Du Toit sê sy baie dankbaar is vir die hoflikheidsbeamptes se eerlikheid.

LEES OOK: NHS se nuwe adjunk sê hy voel reeds tuis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button