Local newsNews

Munisipaliteit ontwyk terugvoer oor watermeter-lekkasie

Daar is nog geen reaksie oor herstel van ou waterlek buite BUCO in Hazyview

n Watermeter-lekkasie buite BUCO in Hazyview is al meer as vier keer sedert November by die munisipaliteit gerapporteer. Geen reaksie en baie verskonings laat die situasie tot dusver onveranderd.

Die BUCO-groep sê dat die terugvoer vanaf die munisipaliteit nie goed is nie.

“Elke keer wanneer ons bel kry ons ‘n slegte houding saam met ‘n ander verskoning,” sê die bestuur.

BUCO is tans besig met opknappings in die winkel en word daarvan beskuldig dat hulle die watermeter gebreek het.

LEES OOK: Kleuterskole geniet saam skoolkonsert

“Daar word ook vir ons gesê dat daar nie nou parte is vir die watermeter nie, maar dit lyk nie asof enigiemand kom kyk het na die meter nie.”

Die woordvoerder van die Mbombela Plaaslike Owerheid, Joseph Ngala, het gereageer op ‘n oproep en gevra dat ‘n e-pos gestuur word. Ngala het nog nie gereageer op die e-pos nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button