Tannie Lou gaan steeds voort
Daar is nie 'n persoon in die plaaslike perdekringe wie nie weet wie dié geliefde vrou en perdeliefhebber is nie.

Loura van den Heever se vriendelike glimlag en bemoedigende woorde is so deel van die perdegemeenskap dat ‘n mens eintlik wonder of alles reg is as sy nie ‘n plaaslike skou bywoon nie.
Lou was vir baie jare die beoordelaar by springskoue, maar is deesdae meer gerieflik in die afkondiger se sitplek, agter die mikrofoon.
LEES OOK: Wit olifantkalfie kry tweede kans op lewe
Sy sal sommer so vanuit die beoordelaarshokkie oor die mikrofoon ‘n beginnerruitertjie of iemand wat sukkel in die arena hardop aanmoedig.
Sy is so gemaklik agter die mikrofoon, omdat sy natuurlik ook as jong vrou ‘n gewilde omroeper by die destydse Springbok Radio was.

KYK OOK: Grace eet haar appels en patats
‘n Vrou van vele talente, was sy ook die groot dryfkrag agter die bekende Rottcher Wineries buite Witrivier.
Vir baie jare het sy en haar man Koot hierdie sakeonderneming van krag tot krag gevat voordat hulle besluit het om dit te verkoop en af te tree.
Maar daar is geen aftree aan Tannie Lou nie! So dien sy nog steeds op verskeie komitees in die perdegemeenskap en is baie betrokke by haar geliefde Lowveld Equestrian Club.
