Local newsNews

Wat is hoogverraad?

Iemand wat die veiligheid en onafhankliheid van Suid-Afrika skend, kan aan hoogverraad skuldig bevind word, maar ‘n vyandige opset moet bewys word.

MBOMBELA – In Julie 2012 word Mike du Toit as een van die verdagtes wat deel uitmaak van die Boeremag skuldig bevind aan hoogverraad na ‘n nege jaar lange hofsaak.

Volgens getuienis gelewer sou Du Toit 450 mans van Mpumalanga oproep na Pretoria om swartes blindelings te skiet en sodoende chaos te skep, volgens ‘n artikel gepubliseer deur Die Burger in 2012.

LEES OOK: Rolling blackouts hit Lowvelder pockets hard

Hoogverraad bestaan uit wederregtelike gedrag binne of buite die grense van Suid-Afrika, deur iemand wat trou verskuldig is aan sy of haar land en met die opset optree om die regering omver te werp en deur geweld te dwing om ‘n sekere handeling te verrig.

Die geweld sal gewoonlik beoog om die die land se grondwetlike struktuur te verander.

Die opset waarmee die handeling van die terroris moet plaasvind, kan beskryf word as die sleutelelement van die misdaad en staan bekend as vyandige opset.

LEES OOK: Mpumalanga High Court officially opened

‘n Wyer siening van die begrip “vyandige opset” sluit ook opset in wat met die eerste oogopslag minder drasties is as om die land omver te werp.

In die saak van (Viljoen 1923 A 90) was Viljoen en twee ander aangekla van hoogverraad. Viljoen was die leier van ‘n vyandige groep wat betrokke was in oorlogsaktiwiteite teen die polisie. Sy dade stel duidelik ‘n vyandige opset teen die staat ten toon, wat Animus hostilis genoem word. Hy was dus deur die hof skuldig bevind aan die misdaad van hoogverraad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button