Local newsNews

Ongemerkte hoofpad in Komati stel lewens in gevaar

"Daardie hele pad is gevaarlik want daar is geen strepe of ligte nie"

Die afgelope naweek is Michael Janse van Vuuren (57) ernstig beseer in ‘n ongeluk tussen sy voertuig en ‘n vragmotor in Rissikstraat.
Corridor Gazette het met hom gesels in Mediclinic Nelspruit. Volgens Janse van Vuuren het hy van die N4 af ingedraai by Komatipoort. Volgens hom het ‘n vragmotor met ‘n sleepwa reg voor hom ingedraai. Hy het beserings aan sy gesig en nekwerwels opgedoen, sy sleutelbeen is af en hy het twee breuke aan sy linkerhand. “Hierdie pad het al verskeie ongelukke veroorsaak omdat dat daar glad nie straatligte of strepe op die pad is nie. Dit raak tyd dat iets daadwerkliks daaraan gedoen word, voordat iemand hulle lewe verloor,” sê Janse van Vuuren.

LEES OOK:onderberger-presteer-thailand

Op die toneel was Securicon EMS and Protection, wat hom vervoer het na Mbombela. Bedankings vir hul puik diens het ingestroom op sosiale media. Ontstoke inwoners het ook hul misnoë uitgespreek op Facebook.


Elize Joubert het geskryf: “Ek het dit lankal sien kom. Geen straatligte, geen ordentlike sigbare strepe wat bane aandui nie, geen katogie-reflectors nie en mense ry soos hulle wil. Gaan verby op die draai of net voor die brug, en kan nie aankomende verkeer sien nie. Jy word verblind van vooraf en kan glad nie ‘n streep sien om jou min of meer in jou baan te laat bly nie. Tyd dat die munisipaliteit Komatipoort se ingang tot in die dorp ‘n bietjie veiliger maak, en terwyl hulle daarmee besig is, kan hulle die pad by die laagwaterbrug ook maar sluit. Dit is ‘n broeiplek vir kriminele. My man was op 21 Desember daar aangeval nadat hy van die werk af gekom het en glad nie op die N4 kon ry nie. Hy moes sy kar in die dorp los en werk toe stap. Die aand op pad na sy kar toe is hy aangeval. Securicon het ons agterna bygestaan om die karsleutel te gaan soek wat geval het, maar sy beursie met al sy kaarte en selfoon is die bosse in. Sy bril is gebreek, sy klere was geskeur en hy het ‘n hou teen sy agterkop gehad. Hy kon dood gewees het. Maar wie gee om? Daardie hele area is gevaarlik en
kort ligte!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button