Local newsNews

Loer-in Sentrum in Marloth Park is trots op twee matrikulante

"Hier stap ons 'n pad saam. Ouer, leerling en fasiliteerder."

Loeri-in Sentrum is ‘n geregistreerde Impaq-tuisonderrigsentrum en is ook geregistreer as privaatskool onder leiding van Aletta Veldsman. Twee van haar leerlinge het vanjaar gematrikuleer.

Leerlinge registreer by Impaq en kry sodoende ‘n studentenommer, wat ook boeke, hulpmiddels en die nodige inligting om elke jaar akademies te ontwikkel, insluit. Daar is ‘n gegradueerde fasiliteerder wat die nodige hulp aan leerlinge gee.

LEES OOK:onderberger-presteer-thailand

Ses jaar gelede het Veldsman hierdie sentrum begin en tans is daar 25 voltydse leerders.

“Hier stap ons ‘n pad saam. Ouer, leerling en fasiliteerder. Sommige leerlinge kan net nie met groot groepe kinders komminukeer nie. Ander kinders skakel maklik in en wil nie by ‘n hoofstroomskool aansluit nie. Nou het almal die geleentheid om op hul eie bewussynsvermoë te funksioneer. By die sentrum kry elke leerling individuele aandag. Ons het ook aktiwiteite soos kuns, sport en revue. Ons skool is Christelik geöriënteer, ons open elke dag met gebed en doen Vrydae Bybelstudie vir ‘n uur. In April stap ons weer die Kruistog,” het Veldsman gesê.


Tans is daar leerlinge van gr. 1 tot 12. Hul visie is om hierdie jaar kleuters van drie tot vyf te begin tegemoetkom. Lesers en ouers wat belangstel kan Veldsman skakel by 072-087-0110.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button