NHS stel die nuwe lede van hul personeelkorps bekend
Dit is nie ongewoon dat nuwe personeel jaarliks by Hoërskool Nelspruit verwelkom word nie, en vanaf 15 Januarie het vyf nuwelinge by die NHS-familie aangelsuit.

Diana Venter, ‘n nuwe wiskunde- en AdMaths-onderwyser, afkomstig van Hoërskool Garsfontein, het gesê dat die skool baie besig is, maar dat die leerlinge goed gemanierd, georganiseerd, geesdriftig en doelgerig is.
Jacques Malan is ‘n oud-Nellie wat in 2013 gematrikuleer het. Hy keer terug na NHS vanaf Middelburg om tegnologie en lewenswetenskappe aan te bied en rugby af te rig.
LEES OOK: Bergvlam se skoolhoof kry verjaarsdag verrassing
Johan Pretorius is aangestel as deel van NHS se bemarkingsburo. Hy het in 2000 aan NHS gematrikuleer. Voorheen het hy by Curro Nelspruit gewerk. As oud-Nellie sien hy baie daarna uit om deel van die skool en sy ryke tradisies te wees.
Willie Herb is van Hoërskool Hoogenhout in Bethal afkomstig. Hy is die nuwe sosiale wetenskap-onderwyser vir gr. 8 en 9.
Leroux Jordaan, ‘n oud-Hoërskool Driehoek-onderwyser, beskryf die skool as ‘n “goed geoliede masjien met die vriendelikste en hulpvaardigste personeel denkbaar”.
Hy bied lewensoriëntering vir gr. 8 en 10 aan en rig verspring en driesprong af. Jordaan sien daarna uit om leerders te ondersteun met alledaagse kwessies wat hulle pla, en om hul denkwyse te verbreed.
LEES OOK: In 2020 gaan ons nommerpas met Innibos
