Skole is in goeie gees
Hoërskool Bergvlam en Lowveld High School begin en eindig die jaar saam

Die skole is so naby aan mekaar dat elkeen die ander se skoolklokke kan hoor lui. “Jy moet mooi luister vir jou skoolklok, anders volg jy die ander skool se periodes,” sê Manday Barnard, Bergvlam se skakelbeampte.
‘n Voormalige hoof van Bergvlam, André Franken, en Annemarie Kleynhans, ‘n gewese onderwyser by Lowveld High School en voormalige hoof van Bergvlam, het saamgewerk om gees te vang vir die jaar.
LEES OOK: Laerskool Bergland spog met nuwe onderwysers
By elke interhuis het hulle vir mekaar geskreeu vanaf die twee skole se paviljoene af.
“Hierdie is net om gees te bou,” se Barnard.
Hierdie jaar was die eerste keer in twee jaar wat die twee skole se interhuise op dieselfde dag val en die tradisie is weer voortgesit.
Die twee skole hou ook elke jaar ‘n wintersport-“derby” teen mekaar. Hulle sluit dan die jaar se sport af met ‘n krieketwedstryd tussen die mansonderwysers.
