Local newsNews

Berg oorwin om renosters te help

Wat die avontuur so opwindend gemaak het, was die feit dat dit nie die gewone staptog na die Everest-basiskamp was nie, maar eerder 'n langer weergawe van die standaardroete, wat 'n besoek aan Chitwane Nasionale Park - om die eenhoringrenoster in Nepal te sien - insluit.

‘n Plaaslike tiener het letterlik die spreekwoordelike berg wat voor hom gelê het, oorwin.

Reghardt Liebenberg (15) was deel van die Climb4Rhino-groep wat in Desember Everest gaan takel het. Dit was nie net ‘n poging om bewusmaking te skep vir die benarde situasie van renosters nie, maar ook om geld in te samel om jong mense te finansier wat potensiaal toon en nie andersins die kans sou kry om aan avonture soos hierdie deel te neem nie.

“Ons het die ekspedisie begin deur ‘n aand in die hoofstad van Nepal oor te slaap, in Katmandoe,” het hy aan Laevelder vertel.

LEES OOK: Teen passes on after illness

“Ons het toe die volgende dag na Chitwane Nasionale Park gery waar ons op safaris gegaan het.” Liebenberg was baie opgewonde oor die feit dat hy toe wel die skaars renoster te siene gekry het.

“Ons het ook na ‘n teelreservaat gegaan waar ons raar krokodille eie aan Nepal gesien het. Hierdie tipe krokodil is ‘n bedreigde spesie. Ons het by die park op ‘n spesiale olifantsafari gegaan waar ons selfs saam met die olifante kon swem!”

Na nog vier dae is die groep terug Katmandoe toe waarna hulle die volgende dag Lukla toe gevlieg het.
“Hierdie dorpie het een van die kortste aanloopbane in die wêreld, en ons almal was nogal gespanne toe ons geland het,” het Liebenberg gelag.

Dis hier waar die moeilike deel begin het. “Ons het die staptog na die Everest-basiskamp begin, en dit was alles nog op droë grond.”

Dit het saggies begin sneeu en dit was volgens dié avontuurlustige tiener een van die beste oomblikke van die staptop, aangesien hy nog nooit vantevore sneeu gesien het nie.

“Dit het tot 70 cm diep gelê op party plekke. Ek het die eerste keer simptome van altitude sickness gekry na ons geland het in Lukla; ek het gebraak, was kort van asem, het geen eetlus gehad nie en het verskriklike hoofpyne gehad.”

LEES OOK: Bekende skrywer onthul sy nuutste boek

Liebenberg moes ‘n ekstra dag in Namche agterbly om te akklimatiseer.

“Een van die lekkerste dele van die trip was om te sien hoe die Sherpas bo in die berge lewe. Hulle stort baie min omdat daar nie altyd lopende water is nie, hulle loop permanent in twee lae klere en daar is geen voertuie in die berge nie. Alles word net met bees, te voet of met helikopter vervoer.”

Liebenberg het hulle geloof interessant gevind. “Elke nou en dan was daar groot klippe langs die pad waarop daar heilige geskrifte was en omdat hulle glo alles moet kloksgewys gebeur, moes ons in ‘n sekere rigting om die klippe loop, al was ons baie moeg en was dit die lang pad om.”

Hy het baie goeie vriende gemaak waarmee hy beplan om in kontak te bly. “Die kameraderie tussen ons almal was deel van die ervaring.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button