Local newsNews
KYK: Albert Frost wys sy talente op die kitaar
Albert Frost het sy gehoor se hartsnare getokkel soos wat hy sy kitaar se snare getokkel het verlede Vrydag op Valentynsdag.

Die blues-rock musikant het die gehoor vermaak terwyl hy tussen sy akoestiese en elektriese kitaar gewissel het en asemrowende liedjies gespeel het.
Hy het met sy gehoor gesels wanneer hy van een liedjie na die volgende beweeg het.
Hy het liedjies gespeel van ander blues-rock musikante, asook van sy eie musiek.
Louwna Booysen, ‘n lid van die gehoor, sê dat Albert Frost se musiek ‘n Ubuntu Ngumuntu Ngabantu – “We live through others, I am because we are,” natuur gehad het.
“Hy gebruik sy talent en kom deel dit met ons. Jy leef deur sy talent en musiek,” se Booysen.
Die mense was vasgevang in Albert se musiek.
LEES OOK: Onderrig in die 21ste eeu
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!









