Local newsNews

Belangrike landbou-Inligtingsvergaderings vind die week plaas

Agri SA bring Laaeveldboere nuwe insig met drie belangrike landbou-inligtingsvergaderings wat in die Laeveld gehou word.

Die besoeke is Woensdag 26 Februarie om 17:00 by die Numbi Hotel op Hazyview, Donderdag 27 Februarie om 09:00 by die eBundu Lodge op die R40 tussen Mbombela en Witrivier, en weer teen 14:00 by die Buffalo Hotel op Hectorspruit in die Onderberg.

Hoofbestuurder, Mpumalanga Landbou, Robert Davel, sê die landbousektor moet elke dag verskeie uitdagings die hoof bied in die proses om voedsel vir die land te produseer. Hierdie uitdagings wissel van onsekerheid oor eiendomsreg, misdaad, hoë insetkoste, beurtkrag, tekorte aan water vir besproeiing, en talle ander.

LEES OOK: ‘n Stukkie geluk vir Nelspruit DBV

Hierdie besoek van Agri SA aan ons provinsie is die ideale geleentheid om eerstehandse inligting te ontvang van kundige persone wat gereeld, op verskeie nasionale en selfs internasionale platforms, die landbousektor se belange bevorder.

Kundige personeel van Agri SA poog elke dag om die negatiewe impak van die landbousektor se uitdagings te versag. Die besoekers sluit Agri SA se hele bestuurspan in en word gelei deur Omri van Zyl, uitvoerende direkteur, met Kobus Visser, direkteur van Landelike Veiligheid en Provinsiale Sake, aan sy sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button