Kry nou jou Innibos-weekkaartjies teen afslag
Standard Bank Innibos Kunstefeesgangers kry die geleentheid om 'n stewige afslag van R100 op weekkaartjies te kry op Skrikkeldag, Saterdag 29 Februarie.

Dié spesiale kaartjies sal vanaf 08:00 by Innibos se kantoor in Faurestraat, Sonpark, te koop wees. Daar is slegs ‘n beperkte aantal en net kontant word aanvaar. Verlede jaar is die afslagkaartjies vinnig opgeraap, so moenie gras onder die voete laat groei nie.
Kaartjieverkope vir die publiek open op Maandag 2 Maart by Computicket landwyd. Die Standard Bank Innibos Kunstefees is vanjaar van 24 tot 27 Junie en bied tonne vermaak.

Die musiekkonserte elke aand op die Standard Bank-hoofverhoog is ‘n groot trekpleister en onder die topkunstenaars wat vanjaar optree is Juanita du Plessis, Kurt Darren, Francois van Coke, Spoegwolf, Elvis Blue, Riana Nel, Theuns Jordaan, Ricus Nel, Elandré Schwartz en Demi Lee Moore, om maar net ‘n paar te noem.
LEES OOK: Robbies wys hulle staal by Interhoër



