Local newsNews

Komati Akademie verteenwoordig skool in Secunda

Veertien van Komati Akademie se top atlete verteenwoordig skool by die Ehlanzeni-streek in die provinsiale kampioenskappe (MUSSA) in Secunda. 

Top atlete van Komati Akademie gaan hierdie komende naweek die skool verteenwoordig by die Ehlanzeni-streek in die provinsiale kampioenskappe (MUSSA) in Secunda.

LEES OOK: verskeie-onderwerpe-gedek-op-agrisa-landbou-inligtingsdag

Atlete wat gaan deelneem:

• Inge Diedericks – gewigstoot
• Christn Engelbrecht – gewigstoot en diskus
• Amé Bekker – diskus
• Tom Bakker – gewigstoot
• Hanlo Schoeman – 80 m-hekkies en diskus
• Mea Kleynhans – spiesgooi en diskus
• Siphokazi Mashabane – 100 m- en 75 m-hekkies
• Karlu van der Merwe – spiesgooi
• Jayden Enslin – 75 m- en 150 m-hekkies, diskus en spiesgooi
• Keisha Wagner – gewigstoot
• Nicke Meyer – 70 m-hekkies
• Adriaan du Plessis – 100 m en hoogspring
• Owen Ngwenya – hoogspring
• Reghardt Small – gewigstoot.

Gedurende die laaste maand is daar elke week ‘n atletiekbyeenkoms gehou om te kyk watter atlete die beste is in hulle items in die streek. Hierdie naweek se byeenkoms sal bepaal wie die beste in Mpumalanga is.
Die top atlete van Mpumalanga sal dan op 26 en 27 Maart in Bloemfontein aan die SA skolekampioenskappe deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button