Local newsNews

Kenner praat oor verreikende gevolge van verlengde inperking op Laeveld

Die onlangse aankondiging dat die tydperk verleng word, kan 'n doodskoot wees vir baie kleiner ondernemings, veral in die informele sektor.

Die nasionale inperking om Covid-19 te beveg wat nou 35 dae gaan duur, gaan ongetwyfeld verreikende gevolge vir die Laeveldse ekonomie hê.

Die onlangse aankondiging dat die tydperk verleng word, kan ‘n doodskoot wees vir baie kleiner ondernemings, veral in die informele sektor.
Só sê die besturende direkteur van Stabilis, Henri Pieters.

“Die impak kon reeds ‘n week voor die amptelike aankondiging van die inperking, gevoel word,” sê hy. “Die toerisme- en gasvryheidsbedryf het toé al as’t ware gesluit soos wat besprekings gekanselleer is om deposito’s te probeer red.” Verder vertel Pieters dat motorhandelaars erg deurloop weens die gebrek aan verkope. Alle handel in luukse produkte het tot stilstand gekom.

 

Na die eerste aankondiging het alle ondernemings die grendelstaat en die impak daarvan – party tevergeefs – probeer bestuur.

“Baie beloftes oor die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) en belastingtoegewings is gemaak, en ‘n hele aantal hulppakkette waarin kleiner ondernemings aansoek om finansiële verligting kon doen, is gemaak. Banke het ook toegewings belowe. In teorie lyk hierdie toegewings en hulppakkette baie aanloklik, maar in praktyk is dit ‘n moeilike en ingewikkelde proses. Ondernemings moet ‘n belastingvrystellingssertifikaat saam met hul aansoeke indien om aan te dui dat al hulle belastingsake op datum is. Dit het uiteraard ook ‘n geskarrel tot gevolg gehad om alle belastingopgawes ingedien te kry,” sê hy.
Die meerderheid van hierdie uitdagings is volgens Pieters reeds oorkom, en meeste ondernemings het hulle aansoeke ingedien of is in die proses om dit in te dien.

Also read: Management staff members at Malelane SUPERSPAR all test negative for Covid-19

“Nou is hulle egter onseker oor wanneer hulle gaan hoor of hul aansoeke suksesvol was en wanneer die fondse gaan uitbetaal,” sê hy.
Aldus Pieters is banke boonop steeds met hulle prosesse besig en het verbandbetalings en ander finansieringspaaiemente tot op hede soos gewoonlik van ondernemings se rekeninge afgegaan.

“Ander maandelikse betalings soos versekering, mediesefondsbydraes, water, elektrisiteit en pensioenfondsbydraes moes ook betaal word. Die feit dat uitgawes betaal moes word terwyl ondernemings al vir drie weke geen inkomste het nie, het ‘n vernietigende invloed op kontantvloei.”

Hy verduidelik verder dat die eerste uitgawes waarop ondernemings gesny hrt normale bedryfsuitgawes was. Hulle het dus nie voorraad of produkte aangekoop nie.

In sommige gevalle is personeel se salarisse gesny, Heelwat ondernemings (professioneel en ander) het reeds aan die einde van Maart hulle personeel in kennis gestel dat hulle nie betaal gaan word nie, of onbetaalde verlof moet neem en by die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) moet aansoek doen vir vergoeding.

“Om ‘n voorbeeld te noem, sal ‘n werknemer wat gewoonlik R30 000 per maand verdien, nou slegvir R3 500 kwalifiseer. Met die WVF se tydelike ontslagproses wat onlangs aangekondig is, kan dié werknemers nou tot R6 700 eis.”
Ongelukkig is die werknemers die groot verloorders in hierdie proses.

Also read: Tourism organisation lends some aid to local clinic

“Geen WVF-eise is nog uitbetaal nie, en niemand weet wanneer dit gaan gebeur nie. Wanneer dit wel uitbetaal, gaan kos en noodsaaklikhede eerste gekoop word en geen geld gaan vir enige ander uitgawes oorbly nie. ‘n Bose kringloop gaan dus ontstaan waar geen onderneming – klein of groot – inkomste gaan verdien vir April en selfs Mei nie. Die miljoene werknemers wat nie by die WVF geregistreer is nie en en wat bloot afgelê word, gaan geen inkomste hê nie.”
Pieters het begrip daarvoor dat die regering die virus se verspreiding wil stop en daarom die tydperk verleng het.

“Ek dink egter hulle onderskat die verwoestende impak wat dit op mense en die ekonomie het. Ondernemings het beplan dat hulle weer op 17 April sal kan sake doen soos gewoonlik. Hulle het eenvoudig net nie die kontant om die verlengde tydperk te oorleef nie.”
Pieters stel voor dat voor dat die regering die inperkingsmaatreëls verslap in streke en/of provinsies waar die infeksiekoers laag is sodat klein en informele ondernemings weer kan begin handel dryf.

Handel oor provinsiale grense heen sal steeds beperk moet word – veral tussen byvoorbeeld die Laeveld en Gauteng (Johannesburg).”
Hy sê dat veral die boubedryf baie erg benadeel gaan word.

“Daar gaan eenvoudig nie geld wees vir enige bouwerk nie,” sê hy. “Sakevertroue gaan in Mei ook baie swak wees, en gaan baie stadig daarna optel. Of dit weer gaan optel na die vlak waar dit was voor die pandemie, is ‘n baie goeie vraag. Dit gaan baie afhang van aansporingspakkette wat die regering beskikbaar gaan stel. Hopelik gaan hulle net soveel bydra om die ekonomie weer aan die gang te kry as wat hulle tans bydra om die pandemie te stop. Die enigste manier waarop enige onderneming kan oorleef is om te sorg dat hul kontant beskikbaar het om voort te gaan sodra die inperking verby is. Kontant sal ‘n onderneming in staat stel om voorraad of produkte aan te koop, bedryfsuitgawes te betaal en weer te begin handel dryf.”

Hy beveel aan dat ondernemings in dié tyd net die noodsaaklikste uitgawes betaal sodat hulle in staat sal wees om sake te doen na die inperkings veby is.

OPVOLG: Innibos gaan voort, maar dalk eers later as beplan

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button