Beleef die opwinding van die beste feeskonserte uit die Innibos-argief
Innibos Digitaal skop die komende naweek af en jy is verseker van die beste sitplek, maak nie saak waar in die wêreld jy jou bevind nie! Beleef die beste feeskonserte – daar die drie om uit te kies!
In ’n pandemielose jaar sou jy nou al jou feesskoene aangetrek het vir Innibos in Mbombela, maar ons laat ons nie onderkry nie! Ons hou steeds fees, sommer lekker gemaklik en warm in jou sitkamer saam met Innibos Digitaal!
Die 2019 kykNet-Verjaardagkonsert, wat die Fiësta-toekenning gekry het vir die beste opelugkonsert verlede jaar, sluit kunstenaars in soos Jo Black, Elvis Blue, Joseph Clark en Demi Lee Moore.
Foto’s: Lurina Fourie
In die 2019 JacarandaFM-konsert is Theuns Jordaan, Refentse en Emo Adams onder andere te sien.
Foto’s: Lurina Fourie
LEES OOK: Lekker vermaak vir die kinders tydens Innibos Digitaal
Voorts is daar Innibos is Groot, ’n opname van die baie gewilde 2014-hoofverhoogkonsert.
Die volledige program is op innibos.co.za/innibosdigitaal en op computicket.co.za beskikbaar.
























