Local newsNews

IN FOTO’S: Eerste aand by die inry

Met die son wat sak oor 'n eens oop parkeerveld en die bak van 'n Ford F100, het families en vriende in byna 40 voertuie die eerste aand van Mbombela se inry ondersteun.

In antwoord op die vraag oor waar die idee vandaan kom, het Petro Bekker, hooforganiseerder van Vrydag 31 Julie se eerste inryfliek, slegs een woord gehad: “Corona”.

Sy bestuur, soos baie ander, ‘n venue met ‘n bykomende gastehuis by Bingelela Beds and Venue, wat in hierdie stadium geen inkomste oplewer nie. En so kom die idee toe. Hoekom dan nie die Bingelela Beds and Venue-parkeerarea in ‘n inry omskep nie?

“Inryflieks is iets wat nie hier is nie, so ek dink dit was ‘n goeie idee.”

LEES OOK: Tweejarige herstel merkwaardig na hy in swembad val

“…En dis iets wat ons nodig het.”

Die film, Sweet Home Alabama, het Vrydagaand vertoon, maar Bekker sê hulle werk nog aan hoe ‘n spesifieke aand se fliekkeuse bepaal sal word.

Duncan Venter en Anro Bekker het maskers verkoop.

Hulle oorweeg dit selfs om Woensdae vir families of groepe soos boekklubs te reserveer.

Mechelle, Quintin, Micca en Hayley Steyn was goed ingerig vir die fliek.

“Ons het nie besef dit gaan so populêr wees nie, so ons het eintlik net films vertoon waarvan ons hou. Met tyd sal ons vir die mense vra: ‘Wat wil julle kyk?’ en ‘Waarin stel julle belang?'”

LEES OOK: Jong Laeveldse boer soek ‘n vrou

Doug Holing en sy familie wou verseker wees van ‘n goeie plek en het dus gesorg dat hulle die eerstes was om hul plekke in te neem vir die fliek.

Bekker en sommige van haar vriende het ‘n toetslopie gehou en daarna was hulle positief dat dit goed sou verloop.

Sy het gesê sy het tot dusver slegs goeie terugvroer gekry – veral oor die burgers wat op die aand verkoop is.

‘n Groter skerm word ook beoog vir die toekoms.

Nie net bied dit ‘n kans vir gesinne om uit die huis uit te kom nie, maar ook ‘n geleentheid vir klein besighede om weer op die been te kom.

De Kleine Bar, bestuur deur Louise Botes en Stephany Milligan, het onder meer chip stix en koeldranke verkoop. Dié was hul eerste geleentheid om dit te doen.

Daar was ook ‘n trokkie wat oliebolle verkoop het. Eienaar, Lynn-Marie Nienaber het gesê sy was dankbaar vir die geleentheid om vir die eerste maal sedert die inperking weer haar besigheid uit die motorhuis te kry.

Petro Bekker en haar span.

Warren en Karen Lurie het besluit om hul eerste huweliksherdenking by die inry te vier.

Vir meer inligting, besoek die Nelspruit Drive Inn Theatre Bingelela Facebook-blad.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button