Local newsNews

Hospice White River maak liefdadigheidswinkel oop

Hospice White River is al vir 18 jaar deel van die plaaslike sowel as omliggende areas se gemeenskap.

WITRIVIER – Wanneer jy kennis maak met die mense agter die skerms, is dit duidelik dat wat hulle doen nie net ‘n werk vir hulle is nie, maar ‘n absolute passie vir hul medemens.

Hospice White River maak staat op skenkings en die goedhartigheid van besighede, sowel as individue om fondse in te samel om te verseker dat hulle die goeie werk wat hulle in die gemeenskap doen, te handhaaf.

Hulle kry ook skenkings van mense wat enigiets insluit van kombuistoebehore, klere, meubels en vele meer wat hulle voor die Covid-19-pandemie by verskillende markte kon verkoop.

Soos met meeste besighede het die pandemie ook ‘n effek op hulle, en kan hulle nie meer hul items by markte verkoop nie.

LEES OOK: Eienaar sê wildpark buite Mbombela is vir ‘n goeie doel

Dit is toe wat Gerdi Willemse, die fondsinsamelingskoördineerder van Hospice White River, die idee gekry het om ‘n liefdadigheidswinkel by hulle kantoor in Witrivier oop te maak en sodoende steeds die gemeenskap uit te nooi om winskopies by hulle op te raap.

Hulle nooi die gemeenskap uit om te kom kyk wat alles beskikbaar is en waarborg dat hulle nie met leë hande daar sal uitstap nie.

“Kinderogies blink as hulle met ‘n speelding uitstap, mamma kan nie wag om haar nuwe kledingstuk aan te pas nie en pappa glimlag breed want hy het nog kleingeld oor in sy beursie,” lag Willemse.

As daar enige items is wat die publiek nie meer gebruik nie of wat net stof in die kas opgaar, kontak Willemse. Hospice White River sal ‘n nuwe tuiste vir die items vind.

Die winkel se besigheidsure is Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 16:00.

Besoek hulle by 19 Wildevystraat, Witrivier, of skakel 013-750-3044.

LEES OOK: Boeremeisie van die Laeveld het jou stem nodig om haar droom waar te maak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button