EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Plaaslike kunstenaar kort hulp vir sy ‘big break’

'n Plaaslike kunstenaar het ‘n goue geleentheid gekry om sy eerste mini album (EP) by Van Coke Studios te gaan opneem.

Coenie Naudé is ‘n musiekonderwyser by Nelspruit Primary School en deeltydse musikant.

“Ek het in 2012 klankingenieurswese in Johannesburg gaan studeer en het gedink dat ek net agter die skerms sal werk, maar my droom was nog altyd om self die verhoog te betree,” vertel Naudé.

“Laasjaar het Belinda Erasmus my gehoor sing by ‘n funksie by die kleuterskool waar my vrou werk en sy het my bespreek vir die Laeveldse Octoberfest. En dis waar alles begin het.”

By die einste Octoberfest het Marlet van Wetten van Small Town Music met Hunter Kennedy (Heuwels Fantasties) gepraat en dié twee aan mekaar voorgestel.

“Ek het Francois van Coke se besonderhede by Hunter gekry en met hom begin praat. Ek het toe die geleentheid gekry om ‘n EP by hom op te neem by Van Coke Studios. Francois gaan self in een van die liedjies saamsing en Danie du Toit van Spoegwolf gaan in ‘n ander liedjie sing,” sê hy.

Die opneem van die liedjies gaan hom egter R60 000 uit die sak uit jaag.

“Belinda Erasmus het toe vir my begin ‘crowd fund’ sodat ek dit sal kan doen, so enige hulp sal waardeer word,” sluit Naudé af.

LEES OOK: PappaChef en bekendes kattemaai en kook in die kombuis

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button