Hayley Steyn slaan ‘n rol in musiekvideo los
Met die hulp van talle Laevelders se stemme het Hayley Steyn 'n fotokompetisie gewen, en sodoende 'n rol in 'n musiekvideo losgeslaan.
Die kompetisie, aangebied deur Foto Fokus, bied opkomende modelle en akteurs die kans om naam te maak in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsindustrie.

Hayley het ingeskryf om deel te wees van ‘n video saam met die sangeres Andriëtte Norman. Sy en vier ander wenners in haar kategorie wag nou om te hoor presies waar en wanneer die video geneem gaan word.
ALSO READ: Druk op stadsraad verhoog ná rou riool steeds vloei
Hayley se ma, Mechelle, sê sy is saam met haar dogter baie opgewonde oor die video.

Dié jong Curro Nelspruit-leerder het ‘n skaars velkondisie, vitiligo, wat wit kolle op die vel veroorsaak. Buiten die sigbaarheid van die kolle is daar geen negatiewe simptome nie. Daar is egter soms ‘n negatiewe konnotasie daaraan, en sy streef daarna om ander te inspireer deur sigbaarheid op verskie platforms.
Sy verskyn ook in die 2022 Vitiligo Awareness Calendar.
