Jo Black ‘n treffer by Mustangs
Jo Black het die afgelope naweek met vlerke van ondersteuning vanuit die Laeveld-gemeenskap gesweef.
Black het by Mustangs The Dancing Place opgetree, waar die gehoor hom liedjie na liedjie toegejuig het én dan gevra het vir nóg.

Nader aan die einde van die aand is daar twee Airlink-vlugkaartjies (wat oorspronklik gratis aan iemand in die gehoor sou gaan) deur Marius Nel, die besturende direkteur van KMI Lughawe, opgeveil.

Nel het gesê as ‘n mens in ag neem dat die doelwit van die aand eintlik is om ons kunstenaars te ondersteun, dit sin maak om eerder geld in te samel met die kaartjies as om dit bloot weg te gee.

Met die veiling is daar toe R9 000 vir die kunstenaar ingesamel.

Buiten hierdie geld, is Black na sy finale liedjie toe ook oortuig om teen betaling weer terug te gaan verhoog toe en die gehoor verder te vermaak.

Vir die mense van die Laeveld het hy net dankbaarheid gehad.
ALSO READ: Local wins prestigious international award

“As ek so praat oor Nelspruit en die dinge wat hier al met my gebeur het, wil ek net vir julle dankie sê.”

Jaco Henning van Airlink het Black ‘n week gelede in ‘n vlugnabootser gehelp het om van sy vrees vir vlieg ontslae te raak. Alhoewel hulle nooit werklik gevlieg het nie, het Black gesê hy kan met eerlikheid na sy “vlug” saam met Henning sê dat hy “rêrig nie meer bang vir vlieg is nie.”

