Local newsNews

Hospice-mark bied ‘n ietsie vir almal

Daar was die hele dag voete in en uit by die Nelspruit Hospice se opskietmark hierdie naweek.

“Die mense het regtig gekoop, hoor. Hulle het met bokse hier uitgeloop,” sê Landi Bezuidenhout, die hoof- uitvoerende beampte van die Nelspruit Hospice.

Elmarie du Toit en Landi Bezuidenhout van Nelspruit Hospice.
(FEATURED IMAGE)

Hospice se tweedehandse klere-afdeling is altyd ‘n treffer onder kopers, en dan was daar ook breekware, boeke, plante, verrassingsballonne en meer.

Potplantjies was ook deel van die verskeidenheid te koop.
Karina Wessels en Marié Steenkamp.

Bezuidenhout is onlangs as ‘n Hero of the Month by West Pack genomineer, en het ‘n geskenkbewys van R1 000 ontvang.

Ria Brink geniet ‘n gratis beker koffie.
Dié glasware het Mary Schatz se oog gevang.

“Ons het die geld gebruik om klein geskenkies te koop. Mense kon dan ballonne bars en ‘n geskenkie gewen; ons het 15 geskenkies gekoop.”

‘n Teestel word weggepak om na ‘n nuwe huis toe te gaan.

Verder het The Grove SUPERSPAR ook ‘n koek vir die dag geskenk, wat volgens Bezuidenhout “ongelooflik lekker” was.

Sharon Joubert.
Landi Bezuidenhout sny die eerste deel van die koek geskenk deur The Grove SUPERSPAR.

Saam met die gratis koek en koffie of tee, is daar ook ‘n paar My School-kaarte uitgedeel.

Anthea Neves.

Wanneer jy so ‘n kaart het, kan jy die My School-toepassing aflaai en Nelspruit Hospice ‘n begunstigde maak. Vandaar kos dit jou niks. Wanneer jy geld by Minuteman Press, Builders, Woolworths, Bidvest Waltons, Spur of Engen El Madre spandeer, ontvang die hospice ‘n persentasie van die geld wat jy spandeer.

ALSO READ: Phelophepa train brings hope and health to Mbombela

Potplantjies was ook deel van die verskeidenheid te koop.
Jennifer Schormann met ‘n skildery wat sy opgeraap het.

“Dit gee vir ons ‘n inkomste sonder dat ons iets hoef te doen, so hoe meer mense daarvan gebruik maak, hoe meer help dit ons.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button