Local newsNews

Kewerklub vier 35ste toer in styl

Wanneer Volkwagen Beetles, ofte wel "Kewers", in 'n konvooi aangery kom, kry almal 'n tikkie heimwee na toeka se dae toe dié motors nog moderne vervoer was.

Die Jacaranda Beetle Club het op Woensdag 25 Augustus by die Butchers Block Padstal op die Ohrigstad-pad aangedoen tydens hul 35ste gedenktoer.
Die padstal, ook bekend as “Boer-se-vrou-se-padstal”, het gereed gestaan om die toergroep te voorsien van varsgebakte koek en smulhappies.
Die toergroep het bestaan uit versamelaars en eienaars van die steeds gewilde Kewers en selfs ‘n VW-kombi.
“Dit is die 35ste toer wat ons klub aanbied. Die Jacaranda Beetle Club geniet egter net elke tweede jaar so ‘n langnaweek-wegbreek, want die mense se skedules is besig. Vanjaar gaan ons in Swadini uitkamp en ook in die Sabie-area kuier. Die Kewers is steeds gewild en is elke eienaar se trots,” het Nick Leonard van Pretoria, die toerleier, gesê.

Enkie Serfontein (Jacaranda Beetle Club), Choppies Viljoen (Butchers Block Padstal), Caryke Botes (Butchers Block Padstal), Nick en Linda Leonard (Jacaranda Beetle Club) en Barbara Hendrikz (Butchers Block Padstal).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button