Local newsNews

Geliefde Laevelder sterf in valskermongeluk

'n Ondersoek in samewerking met die Valskermvereniging van Suid-Afrika en lugreddingsdienste is van stapel gestuur om die presiese oorsaak daarvan vas te stel.

‘n Valskermongeluk het Sondagoggend die lewe van ‘n 44-jarige man van Mbombela naby Delmas geëis.

Hilmar Backer is opslag dood, en sy vriend Rudi Serfontein van Centurion, wat saam met hom die dag gespring het, is beseer toe hulle na bewering in die lug gebots en neergestort het.

Marie Brey, die waarnemende kommunikasiehoof van die Burgerlugvaartowerheid, het die voorval bevestig en gesê dat die presiese oorsaak daarvan nog nie bekend is nie.

ALSO READ: Bobbejaanbyt skeur man se skouer oop in Marlothpark

“‘n Ondersoek in samewerking met die Valskermvereniging van Suid-Afrika en lugreddingsdienste is van stapel gestuur om die presiese oorsaak daarvan vas te stel,” het sy gesê.

Kol. Donald Mdhluli, die provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê dat ‘n geregtelike doodsondersoek deur die Delmas Polisiestasie gedoen sal word.

Boodskappe met hulde het op sosiale media vir Backer ingestroom.

“Hilmar het voluit geleef, maar ook voluit gegaan. Sy vreeslose avontuurlustige passie was ook sy weg om die tydelike met die ewige te verwissel. Dankie vir jou mentorskap aan jong mense. Jou lewe dien as rolmodel vir ander. Rus sag,” het een van die inskrywings gelui.

Laevelder sal meer inligting aan sy lesers verskaf sodra dit beskikbaar word. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button