Local newsNews

Pumas hou veiling vir ouers in nood

Die hemde het gewaai by die Pumas se liefdadigheidsaand verlede Woensdag by Urban House.

Terwyl ‘n veiling op die verhoog afgespeel het, het van die Pumasspelers (sommige sonder hemde, maar darem netjies met ‘n strikdas) tussen gaste deurgeloop en kelner gespeel.

Japie Kleinhans en Alwayno Visagie.
Elsa de Wet, Karen du Preez en Elzabet Viljoen.
Aldin van Heerden, Giovan Snyman en Natasha van Heerden.

Met Laevelder as mediavennoot, het organiseerders vanuit alle oorde bymekaargekom om hierdie aand moontlik te maak; die NNC Pumas, Stabilicor, Urban House en La Belle Vie. Ongeveer R100 000 is ingesamel.

Anne-Mari.
Die Pumaskaptein, Pieter Jansen van Vuren, met een van die rugbyballe wat opgeveil is.

Jimmy Stonehouse, die hoofbreier van die Pumas, het die veiling behartig en te oordeel aan die opbrengs, hom duidelik goed van sy taak gekwyt. Stonehouse is ook as ‘n sanger tuis agter ‘n mikrofoon.

Jimmy Stonehouse.
Lonita Swift.

Lonita Swift, Zané Jansen van Rensburg en Anne-Mari het die gehoor deurentyd vermaak. Vrouemaand se afsluiting het ook ‘n tipe damesaandjie-uit-atmosfeer aan die geleentheid verleen.

Buffelsfontein se brandewyn het ‘n hele klompie mense se aandag geniet.

Ondertekende rugbyballe en -truie was onder meer van die items wat opgeveil is. Een van die balle het ‘n allemintige bod van R7 000 gehaal en een van die truie R6 000. Verder was daar Buffelsfontein-brandewyn, skoonheidsgeskenkbewyse en nog meer.

ALSO READ: SANParks launches reality TV series

Farzana Hoosen en Nadine Riefler.

Madelein van Eeden van Stabilicor het gesê dit was ‘n fondsinsameling ten bate van ouers wat hulle werk gedurende die pandemie verloor het.

Madelein van Eeden, Jana van Raaij en Jacques Lombard.
Zané Jansen van Rensburg.

“Enigiemand kan my by 072 112 0508 kontak om te help, en ook anoniem bly. Hulle kan Radio Laeveld ook laat weet, en dan gaan ek van die skole ook nader.

Madelein van Eeden vertoon een van die items terwyl Jimmy Stonehouse dit opveil.
Jerry Strydom en Angus Cairncross steel amper die sangers se kollig met hul danspassies.

“As enigiemand ‘n verwysing wil gee, is hulle ook welkom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button