André Swanepoel kom tot sterwe
'n Bekende oud-sakeman van die Laeveld, André Swanepoel, is dié naweek aan Covid-verwante oorsake dood.
Swanepoel was 83 en het die afgelope twee jaar op Pringlebaai gewoon. Sy vrou, Connie, is sowat drie jaar gelede dood.
Hy was bekend in die motorbedryf en het sedert die jare sestig en sewentig onder meer die Fiat- en Jeep-agentskappe hier in Mbombela gehad. Die bekende Pohl’s Paneelkloppers, ‘n familieonderneming wat sy oupa in die jare veertig bekom het, was ook een van syne.
Hy sal veral onthou word vir een van die grootse voertuigtransaksies ooit in die Laeveld, toe Pohl’s in 1967 meer as 325 Jeep-voertuie aan die Portugese owerhede in Mosambiek verkoop het.
ALSO READ: Memorial service is held for Mataffin man who had been missing
Hy was ook ‘n kranige vlieënier en was tydens die kommandodae ‘n deel van die burgermag se vliegeenheid wat hier uit die Laeveld bystand gedoen het.
Hy was jare ook ‘n aktiewe lid van die Rotariërbeweging.
Swanepoel laat sy twee dogters, Michelle en Karen, agter. Sy lewensviering word op Pringlebaai gehou.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
