Die Dreamville-droom word uiteindelik bewaarheid
Hoërskool Bergvlam se jaarlikse musiekblyspel, hierdie jaar getiteld Dreamville, is vanjaar aanlyn op die skool se Moodle-platform aangebied.
Vir slegs R50 ‘n kaartjie het kykers toegang tot die Dreamville-vertoning én ‘n Mountain Spring Original Spur Burger ontvang. Volgens Mandy Barnard, die skool se skakelbeampte, het leerders en ouers tougestaan om kaartjies te koop vir Dreamville Take 2.


Die Dreamville-afrigters en die leerders wat die hoofrolle vertolk het verlede Woensdagaand by die Nelspruit Drive Inn Theatre Bingelela die première op die grootskerm gaan kyk. Slegs 40 motors was toegelaat.
Die vertoning is vir die hele September op Moodle beskikbaar.


“Dreamville het as gevolg van Covid-19 nie verlede jaar gebeur nie, en 12 leerders wat in 2020 matriek geskryf het, moes vervang word – dit is hoe #Take2 begin het,” sê Barnard.

ALSO READ: Register to vote this coming weekend
Dreamville is ‘n fiksionele dorp uit die 1960’s waar enigiets moontlik is, solank jy dit droom. En droom is presies wat Serah Somers en Tracy Turnblad doen. Serah, die mooiste nooi op die dorp, droom daarvan om liefde te vind en daar is ‘n oulike ou wat haar oog gevang het.


Haar ma, Emily, se kop staan egter in ‘n ander rigting. Sy sou graag wou hê dat haar dogter eerder die Dreamville-danskompetisie wen.

Dit is slegs met die terugkeer van Emily se verlore liefde, Eddie Electric, dat sy die waarde van haar dogter se hartsbegeerte besef.
Aan die ander kant van die dorp wil Tracy bitter graag beroemd word. Haar grootste passie is dans, maar haar ma, Edna, is die oorbeskermende tipe, en ook outyds, wat natuurlik beteken sy keur nie Tracy se dansery goed nie.

Net soos Emily het Edna ook ander drome vir háár dogter; om eendag Edna’s Occidental Laundromat oor te neem.
Wie se drome gaan waar word?
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
